Begrafnisversekering en -beplanning
Begrafnisse
Ons reël begrafnisse volgens ons kliënte se verwagtinge en behoeftes.
Gedenkdienste
Ons kan families bystaan om gedenkdienste te reël sodat hulle op ’n waardige wyse afskeid kan neem van hul geliefdes.
Voorafbeplanning
Ons kan help om u begrafnis vooruit te beplan. Dit sal verhoed dat familielede moeilike besluite moet neem tydens hulle rouproses.
Versekering
MBD kan vir u help om die beste begrafnisversekering vir u profiel uit te neem. Ons hanteer ook alle eise namens ons kliënte.
Matzikama Begrafnisdienste bied ‘n verskeidenheid versekeringsprodukte om by jou unieke individuele behoeftes te pas.

Vertrouensooreenkoms
Een van ons grootste beloftes aan u is om seker te maak jou familie en naasbestaandes is rustig met die wete dat ons sorg vir jou begrafnis. Ons hanteer alle verrigtinge met waardigheid, respek, integriteit en menslikheid.

Ervare personeel
Al ons personeellede is opgelei in hulle onderskeie velde. Dit beteken dat ons ‘n ervare span het wat omsien na u behoeftes. Hulle beskik ook oor die nodige kundigheid om alle verrigtinge profesioneel en sensitief aan te pak.

2004
Ons is al 16 jaar in die bedryf en dus baie ervare in die industrie.
Ons kernwaardes verseker dat ons ten alle tye die beste diens aan al ons kliënte bied.


Respek, waardigheid, integriteit en menslikheid is die waardes waarmee ons elke dag werk. Elkeen van ons spanlede leef hierdie oortuigings na buite sodat u gemoedsrus kan hê wanneer u besigheid met MBD doen.
Vertroue

Ons adres
Dorpstraat 5
Vredendal, 8160
E-pos ons
info@mbdsa.com
GOEDGEKEURDE FINANSIËLE DIENSTE VERSKAFFER FSP NO: 30309. Lid van die NBOV.