Finansiële dienste

 

Matzikama Begrafnisdienste bied verskeie versekeringsprodukte aan om seker te maak daar is voorsiening gemaak vir die koste tydens die afsterwe van 'n geliefde. Ons personeel is opgelei om u by te staan.

Standaardplan


  • Tot R100 000 dekking per versekerde.
  • Jy kan 'n verhoging op jou premie en dekking verwag, maar die kliënt het 'n keuse.
  • Mutual "More4U" voordele ingesluit.
  • Die plan sluit ook 'n kontant terug-waarborg in.
  • Lugtyd + "voucher" voordele ingesluit.
  • .


Vind meer uit oor die plan

Omvattend Plus

Hierdie plan bied absolute gemoedsrus. Die opbetaalde voordeel maak hierdie plan meer omvattend.

  • Tot R100 000 dekking per versekerde op polis.
  • Verhoging van premie en dekking, indien die kliënt dit verkies.
  • Die plan bied 'n kontant terug-waarborg, voordele op terminale siekte, en dubbel doodsdekking.
  • Opbetaalde voordele.
  • Mutual "More4U" voordele.
  • R20 000 familiedekking van R217 (ouderdom 30-34) is ook beskikbaar op die Omvattend Plus-plan. Die premie word bepaal volgens die ouderdom van die hooflid.


Vind meer uit oor die plan

Begrafnisversekering

Ons omvattende versekeringsplanne sorg dat daar dekking is vir enige uitgawe wat mag opduik.

  • Dekking van R2 000 tot R20 000.
  • Old Mutual-begrafnisdekking tot R100 000 is deel van die begrafnisversekering.
  • Groep-begrafnisversekering vir werkgewers met meer as drie werknemers kan die werkgewer ook insluit.
  • POM-dekking (kontant in die hand).
  • Repatriasie-voordeel (gratis vervoer van liggaam na enige plek in die land.)
  • Lugtyd per versekerde op polis.
  • Uitbetaling binne 48 uur nadat alle dokumente ontvang is.


Vind meer uit oor die plan

Groepbegrafnisversekering

Vir werkgewers met drie of meer werknemers.

  • Billike premies.
  • Onmiddellike dekking.
  • Dubbele ongeluksdekking.
  • Repatriasie.
  • Premiekwytskelding.


Vind meer uit oor die plan
GOEDGEKEURDE FINANSIELE DIENSTE VERSKAFFER FSP NO :30309