Oor Ons

Die vooraansig van die Vredendal-kantoor


Matzikama Begrafnisdienste bied 'n verskeidenheid versekeringsprodukte om by individue se behoeftes aan te pas

Standaardplan - Van ons produkte is 'n standaardplan wat ook dekking met terminale siekte-voordele inhou, en 'n kontant-terug-waarborg bied.

Ons personeel is opgelei om seker te maak jy verstaan die volle waarde van die dekking van produkte, asook wat die premies behels.

Hulle kan jou bystaan met begrafnisdekking tot R100 000, en ook groep-begrafnisversekering (werkgewers met meer as 3 werknemers) verskaf. Hierdie versekering kan ook die gratis vervoer van die oorskot na enige plek in die land insluit.

Ons ooreenkoms van vertroue

Matzikama Begrafnisdienste bied 'n Ooreenkoms van Vertroue om seker te maak jou familie en naasbestaandes is rustig met die wete dat ons sorg vir jou begrafnis. Ons het twaalf jaar ervaring in die bedryf, wat ons kenners op die gebied maak. Ons hanteer alle verrigtinge met waardigheid, respek, integriteit en menslikheid.

BESTUUR

 

ONS PERSONEEL

ONDERNEMERS

VREDENDAL AGENTE

FINANSIËLE AFDELING

ADMIN PERSONEEL

DIENS PERSONEEL

 
Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffers
FSB Lisensieno : 30309
Lid van NBOV

GEREELDE VRAE

Indien die dokter nie self die persoon dood sertifiseer nie, moet u die ambulans en polisie kontak. Wanneer hulle die nodige dokumente uitgereik het, kontak dan vir MBD wat verder die nodige sal doen.
Kontak die polisie. Die liggaam sal deur Forensiese Patologiese Dienste weggeneem word vir ’n nadoodse ondersoek. Kontak MBD wat u dan sal help met verdere reëlings.
Die liggaam word direk na MBD se perseel geneem waar al die geriewe vir die versorging van die liggaam beskikbaar is.
Indien die persoon 'n begrafnispolis besit, sal ons die ID soek van die persoon wat verantwoordelik is vir die begrafnisreelings.
Indien die dokter nie self die dood identifiseer nie, moet u die ambulans of polisie kontak. Wanneer hulle die nodige dokumente uitgereik het, kontak dan vir MBD wat verder die nodige sal doen.
Kontak MBD en ons sal ‘n afspraak maak wanneer dit vir u geleë is om die proses met u te bespreek en die reëlings te tref.
MBD se opgeleide personeel kan u help met alle reëlings. Van die inhaal van die oorskot, reëlings vir die begrafnis, uitvoer van die begrafnis en die afhandeling van eise, indien daar is.
Die koste van ‘n begrafnis word bepaal deur die dienste en produkte wat gekies word. Verskillende kerke vra verskillende fooie, kiste se pryse verskil, grafkoste verskil van dorp tot dorp. Elke begrafnis se prys verskil.
Kostes van ‘n verassing word ook bepaal deur verskeie faktore. Die onderskeie krematoriums vra verskillende pryse, die kis moet gekies word, die afstand na die krematorium wat die familie kies en die dienste. MBD sal die reëling met u bespreek, sodat u ‘n ingeligte besluit kan neem.
Die koste van ‘n begrafnis word bepaal deur die dienste en produkte wat gekies word. Verskillense kerke vra verskillende fooie, kiste se pryse verskil en grafkoste verskil van dorp tot dorp. Elke begrafnis se prys verskil.
MBD sal met die ander ondernemer reël dat dit u wens is, ‘n fooi sal onderhandel word en dan sal MBD die oorskot gaan haal by die ondernemer.
U moet slegs ‘n afspraak met MBD maak en dan sal ‘n ondernemer u help om die diens volgens u behoeftes en wense te reël.
MBD sal ‘n prediker van u keuse kontak om die diens waar te neem. Indien u nie ‘n voorkeur-prediker het nie, sal ons u help om ‘n prediker te kry.
MBD sal die bloemiste van u keuse kontak om die blomme te voorsien. Ons het verskeie bloemiste wat aan ons kiskranse, kerkruikers, handblomme en ander produkte kan voorsien.
Ja, MBD het ‘n baie spesiale kamer waar u privaat in ‘n rustige atmosfeer van u geliefde afskeid kan neem.
U kan self besluit in watter klere u geliefde te ruste gelê moet word. Daar is geen voorskrifte nie.
MBD kan begrafnisversekeringseise van enige versekeraar doen.
Hierdie is een van baie onwaarhede wat versprei word. U ondernemer by MBD sal u deeglik inlig oor die verassings-proses en aan u gemoedsrus gee.
Dit is baie hartseer dat families wat in rou is, soms verder ontsteld word deur stories wat deur oningeligte persone versprei word. MBD maak seker dat kiste voorsien word wat groot genoeg is waarin enige grootte liggaam kan pas.
Kiste word spesiaal ontwerp om die waardigheid van die oorledene te beskerm. Sien dit as ‘n meubelstuk wat deur kundige vakmanne vir ‘n spesifieke doel gemaak is.
Daar is verskeie produkte beskikbaar om in almal se behoeftes te voorsien. U kan ons produkte sien op hierdie webwerf onder die “produkte” ikoon. U is ook welkom om een van ons kantore te besoek waar u volledig ingelig kan word van al ons produkte.
GOEDGEKEURDE FINANSIELE DIENSTE VERSKAFFER FSP NO :30309